Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/21/2014

Fines Herbes / Kruiesous

’n Kruiesous om te bedien met vleis, eiers of pluimvee.

Verwyder die blare van drie takkies pietersielie, tarragon en kerwel. Behou die blare om later by die sous te voeg.
Kap die takkies fyn en kook dit oor lae hitte in 90 mℓ droë witwyn vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en behou die vloeistof.

In ’n ander souspan smelt jy 30 mℓ botter en voeg by 1 fyngekapte salot en die aftreksel van wyn en kruie. Kook die mengsel tot die vloeistof met die helfte verminder het.
Voeg nou bruinsous by en kook vir 10 minute.
Verwyder van die hitte en roer die sap van 1 suurlemoen by. Roer nou 5 mℓ botter en die blare by wat jy eenkant gehou het.


No comments :

Post a Comment