Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/16/2014

Ierse bredie

1 kg lam- of skaapnek – oornag geweek in flou soutwater
350 g uie, in skywe gesny
700 mℓ aartappels, in dik skywe gesny
850 mℓ water
sout en peper

Dreineer die vleis en droog dit af. Sny dit dan in porsies.
Pak die vleis, uie en aartappels in lae in ’n kasserol. Begin en eindig met aartappels. Geur met sout en peper. Gooi die water oor en maak die bak dig toe. Plaas in ’n 160°C vir 2 uur. Moet nie die bredie roer nie. Haal dit af en toe uit en skud dit, sodat die aartappels nie vassit nie. Die bredie is reg wanneer die sous dik en die vleis sag is.

Opsioneel: Jy kan ook 'n paar wortels gebruik saam met die ander groente. Ander groente wat gewild is, is preie en kool.

No comments :

Post a Comment