Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/15/2014

’n Eenvoudige slaai

’n Eenvoudig, dog mooi gebalanseerde slaai. Die bestanddele is genoeg vir 4 persone.

Neem ’n knoffelhuisie en vryf die binnekant van jou slaaibak daarmee uit. Gooi die knoffel dan weg.
In die bak meng jy dan 5 mℓ sout met ’n knippie droë mosterd, ’n bietjie paprika en ’n bietjie peper.
Voeg hierby 30 mℓ goeie asyn. Meng alles weer goed saam.
Voeg nou 90 mℓ goeie olyfolie by en meng goed.
Nou breek jy gewoon ’n paar slaaiblare in hierdie bak. Gebruik van die gewone ronde kropslaai, of cos lettuce. Gebruik dan slaailepels om dit te meng met die slaaisous onder in die bak.
Opsioneel: Jy kan 10 mℓ fyngekapte grasuie of tarragon byvoeg as jy wil.

No comments :

Post a Comment