Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/01/2014

Beesvleisragoût met seldery en okkerneute

700 g dikribskyf of mantelvlies, in 5 cm-blokke gesny
12 klein uie, geskil
3 repe vetterige spek
60 mℓ meel
200 mℓ rooiwyn
1 bouquet garni
1 knoffelhuisie, fyngedruk met sout
600 mℓ aftreksel
sout en peper
1 kop seldery, blare en stingels verwyder en dwars in skywe gesny
20 g botter
30 g okkerneute
10 mℓ lemoenskil, in repies gesny en in water gekook tot sag

Verhit ’n swaarboompot en braai die spek daarin.
Wanneer die vet uitgebraai is verbruin jy die beesvleis daarin aan alle kante.
Verwyder die vleis en braai die uie stadig in die pot tot ligbruin.
Verwyder die uie en roer die meel by enige sous wat in die pot is.
Plaas die uie en vleis terug en gooi ook die wyn, bouquet garni en knoffel by. Gooi die aftreksel ook oor tot die vleis net bedek is met die sous. Geur met sout en peper.
Bring die spulletjie stadig tot kookpunt, maak die pot toe en prut vir 2 uur.

Intussen verhit jy die botter in ’n souspan en soteer die seldery en okkerneute daarin. Die seldery moet bros bly. Geur met ’n knippie sout.

Wanneer jy die ragoût bedien skep jy die selderymengsel oor die vleis en strooi die lemoenskil oor.

No comments :

Post a Comment