Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/06/2014

Beste whisky ter wêreld

As mense wil weet wat is die beste whisky in die wêreld, dan raadpleeg hulle Jim Murray’s Whiskey Bible; en die 2015 uitgawe het die Skotte warm onder die kraag.

Dié handleiding het vanjaar die Yamazaki Single Malt Sherry Cask 2013 van Japan se oudste distilleerdery, Suntory, aangewys as die wêreld se beste. Om die waarheid te sê, daar is nie ’n Skotse whisky onder die eerste vyf nie.

Die tweede plek het behoort aan die Amerikaanse William Larue Weller, ’n Kentucky bourbon.

Verlede jaar het ’n Skotse enkelmout, die negentienjaar oue Glenmorangie Ealanta die eerste plek behaal.

Suntory se wenner is nie meer aanlyn te koop nie. As jy gelukkig is sal jy 'n verlore bottel raakloop in ’n Europese spesialiteitswinkel. Dit het verkoop teen ’n billike R1800.

No comments :

Post a Comment