Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/07/2014

Rooi rissie mengsel

Hierdie mengsel is veral geskik vir pasta. Hierdie resep is genoeg vir omtrent 175 mℓ sous.

2 rooi rissies, ontpit en in klein stukkies gesny
90 mℓ botter
3 knoffelhuisies, fyngedruk
4 stingeluie, in dun skywe gesny
½ rooi soetrissie, baie fyngekap
45 mℓ fyngekapte pietersielie
2 mℓ sout
15 mℓ swartpeper

Smelt die botter in ’n souspan en voeg die rissies, uie, soetrissie en knoffel by. Braai dit vir 3 minute. Verwyder nou die mengsel van die plaat en roer die sout, peper en pietersielie by.

No comments :

Post a Comment