Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/08/2014

Boplaas weer “Port van die Jaar”

Die Boplaas Familie-wingerde in Calitzdorp se Boplaas Cape Tawny Port het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Suid-Afrikaanse Lugdiens se trofee gewen vir “Port van die Jaar”. Die port gaan op die SAL se eersteklas en besigheidsklas bedien word.

Boplaas Cape Tawny Port was ook verlede jaar die wenner van die trofee. Die Cape Tawny word vir 12 jaar in vate verouder voordat dit die pragtige rooi-bruin kleur kry van ‘n tipiese Tawny Port, met die kenmerkende neut- en kerskoekgeure.

Boplaas se verskillende porte het vanjaar uitstekend gevaar en het 'n reeks toekennings verwerf: 'n Veritas-dubbelgoud, 'n Michelangelodubbelgoud, 'n 'Beste Port'-toekenning by CAPPA- 'n vyfster Classic Wine-klassifikasie en 'n vyfstergradering deur Platter.

No comments :

Post a Comment