Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/24/2014

Garnaal-en-tuna-voorgereg in fillo bakkies

Die voorbereiding en bak van hierdie voorgereg is blitsvinnig, veral as jy reeds vooraf gebakte fillo bakkies het. Die res word basies net gemeng.

Voorbereidingstyd: 30 minute
Kooktyd: ± 5 minute
Lewer sowat 6 porsies

Sien wenke vir die gebruik van fillodeeg.
Berei die vulsel voor ten minste 1 tot 24 uur daarvoor benodig word.

6 velle fillodeeg
75 ml gesmelte botter of groente-olie of ½ van elk
300 g pakkie gaar, skoongemaak garnale
200 g-blik tuna stukke in pekel of olie, goed gedreineer
125 mℓ goeie gehalte mayonnaise
15 mℓ wit asyn
5 mℓ suiker of 'n bietjie meer na smaak
10 mℓ medium kerriepoeier
1 mℓ warm kerriepoeier (opsioneel)
2,5 mℓ aangemaakte mosterd
1 mℓ gemengde droë kruie
goeie skeut knoffel en kruie speserye
paar druppels Tabasco of warm rissiesous (opsioneel)
15 mℓ gekapte sprietui
15 mℓ kappertjiesaad, gedreineer en gekap of bykomende sprietuie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Stroke rooi soetrissies, geknipte sprietuie, varsgemaalde swartpeper en ontpitte swart olywe vir garnering.

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer 6 jumbo muffin bakkies liggies met gesmelte botter en / of olie.

Vou die eerste vel deeg oop, verf die helfte van die vel met gesmelte botter en / of olie en vou in die helfte.
Verf weer en vou dan om ’n 4-gelaag reghoek te maak en plaas dit oor die muffin koppie. Druk dit liggies in die beker om 'n dekoratiewe bakkie te maak.
Maak 6 sulke bakkies.
Bak die fillodeeg sowat 5 minute of tot dit lyk of dit wil goudkleurig raak. Hou dit fyn dop aangesien dit die delikate smaak en voorkoms sal verloor as dit te lank bak.
Lig uit en laat afkoel op 'n draadrak.
Meng al die bestanddele vir die vulsel, garneer na smaak en hou in die yskas tot benodig.
Wanneer jy gereed is daarom te dien, skep jy die vulsel in die bakkies en garneer.



Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com Die afleweringskoste is slegs R50.

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows). Die koste van die CD beloop R300 (afleweringskoste ingesluit.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment