Robert-sous is ’n variasie van die klassieke bruinsous en is perfek vir vark en lam, selfs steak.
250 mℓ bruinsous
½ ui, fyngekap
30 mℓ botter
200 mℓ witwyn
5 mℓ Dijon-mosterd
2 mℓ suiker
Braai die ui in die botter tot glaserig.
Gooi die wyn, mosterd en suiker by en kook tot die vloeistof met ten minste die helfte verminder het.
Gooi nou die bruinsous by en prut vir 15 minute.
Skep enige opdrifsel af.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment