Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/06/2014

Vier bottels van skaars konjak in SA te koop

Vier bottels van Rémy Martin se Louis XIII Rare Cask 42.6 Cognac is in Suid-Afrika te koop aangebied. Daar is reeds net drie oor nadat ’n anonieme versamelaar een gekoop het.

Die Louis XIII-reeks word reeds sedert 1874 gemaak van Champagne Grande-druiwe. Die Rare Cask-reeks word gehou in 'n spesiale vat wat sorg vir besondere geure in die eindproduk. Die bottels is die werk van die bekende Franse glasmaker Baccarat. Elke bottel se unieke nommer is gegraveer op ’n ring van 22-karaat goud wat om die bottel se nek sit.

Suid-Afrika is die enigste land op die kontinent waar jy hierdie konjak kan koop. Daar is oorspronklik net 738 bottels geproduseer.

Die konjak kan by Makro of Norman Goodfellows gekoop word. By Makro ontvang jy twee kristalglase deur die Franse ontwerper Christoph Pillet indien jy ’n bottel daar aanskaf. Tans is dit die duurste konjak in die plaaslike mark teen ’n prys van R300 000 per bottel. Die normale Louis XIII Cognac is ook te koop teen R40 000 per bottel.

No comments :

Post a Comment