Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/27/2015

7 Suid-Afrikaners onder finaliste vir S.Pellegrino se Jong Sjef van 2015

Meer as 300 jong sjef het ingeskryf vir S.Pellegrino se Jong Sjef van 2015. Vir dié kompetisie word die sjef aanvanklik beoordeel in groepe wat geografies bepaal word. Suid-Afrika val onder die groep vir Afrika en die Midde-Ooste. Tien finaliste is uit die streek gekies, waarvan sewe Suid-Afrikaners is. Die Suid-Afrikaners is:

- Amoré Botha van die 12 Apostles Hotel and Spa in Kaapstad
- Angelo Scirocco van die Chefs Warehouse in Kaapstad
- Constantijn Hahndiek van OSA Restaurant in Ballito
- Darren Badenhorst van Grande Provence in Franschhoek
- Katlego Sebastian Mlambo van die Rust en Vrede Restaurant in Stellenbosch
- Simone van der Merwe van De Kloof Restaurant in Pretoria
- Vusi Ndlovu Restaurant Saxon Qunu Grill in Sandhurst

Aan die einde van Februarie 2015 word die wêreld se beste 20 gekies uit al die streeksfinaliste. Die finaliste word dan aan mentors toevertrou om hulle te help om hul vaardighede te verskerp. Die wenner word in Junie 2015 in Italië aangewys.

No comments :

Post a Comment