Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/28/2015

Lamsvleisragoût

½ lamsboud, skenkel of filetkant - ontbeen
40 g botter
2 uie, in dun skywe gesny
1 fyngedrukte knoffelhuisie
15 mℓ paprika
15 mℓ meel
5 mℓ tamatiepasta
200 mℓ witwyn of 200 mℓ vermoet
280 mℓ aftreksel
Sout en peper
1 bouquet garni of ’n knippie gemengde droë kruie

Sny die vleis in vierkante van 5 cm.
Verhit die botter in ’n swaarboompot en verbruin die vleis alkante. Let wel dat lamsvleis oor laer hitte as beesvleis gebraai word. Hou die gebraaide vleis eenkant warm.

Braaie nou die uie en knoffel in dieselfde pan vir 5 minute. Roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie.
Roer die paprika en meel by.
Roer die tamatiepasta, wyn en aftreksel by en bring dit tot kookpunt.
Geur met sout en peper.
Voeg die vleis by en die bouquet garni.
Plaas die deksel op en prut 1 uur of bak in die oond by 160°C.

Bedien hierdie gereg saam met geurige rys of vars brood.

No comments :

Post a Comment