Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/18/2015

Oondgebakte eiers met kaas

Ou brood werk die beste vir die resep.

Sny die korsies van die brood af. Indien dit vars brood is, kan die korsie maar bly.
Smelt botter in ’n pan en braai die brood liggies daarin aan een kant.
Haal die brood uit en strooi sout en peper oor die gebraaide kant.
Plaas nou skywe gruyere kaas op die gebraaide kant en pak die snye brood sy aan sy in ’n gesmeerde oondpan.
Breek ’n eier op elke sny met kaas.
Strooi sout en peper oor en ’n klein bietjie neutmuskaat.
Bak die eiers in ’n warm oond tot dit na wense is.

No comments :

Post a Comment