Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/17/2015

Piquante sous

Hoewel baie Amerikaners onder die indruk verkeer hierdie sous se oorsprong is oorspronklik uit New Orleans se omgewing, is dit waarskynlik Frans van oorsprong. Die sous is nommerpas vir gekookte skaap- of kalfsvleis, selfs pluimvee.

250 mℓ bruinsous
90 mℓ asyn
15 mℓ fyngekapte salot
15 mℓ fyngekapte ingelegde kappertjiesaad
15 mℓ fyngekapte agurkie (gherkin)
Sout en varsgemaalde swartpeper
15 mℓ fyngekapte pietersielie

Meng die asyn, salot, kappertjiesaad en agurkie in ’n souspan.
Laat dit stadig prut tot die salot sag is en die vloeistof met die helfte verminder het.
Voeg die bruinsous by en bring tot kookpunt.
Net voor jy dit bedien voeg jy die geurmiddels en pietersielie by.

No comments :

Post a Comment