Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/21/2015

Pan-botterbroodjies / Pan scones

Botterbroodjies wat jy in die pan braai.

250 mℓ meel
5 mℓ bakpoeier
1 eier
15 mℓ botter
Melk om mee te meng
Sout

Sif die droë bestanddele saam.

Smelt die botter in ’n pannekoekpan.

Klits die eier met ’n bietjie melk en gooi dit by die droë bestanddele. Pas jou melk so aan dat die deeg nie te dun is nie.
Skeep die deeg in die pan. Bak dit stadig tot dit aan die onderkant gaar is.
Draai dit om – verkieslik in ’n ander pan waarin jy botter gesmelt het. Bak tot gaar. Of jy kan dit nie omdraai nie en dit eerder onder die oondrooster plaas om gaar te word.

Keer die gaar botterbrood uit op ’n bord en sny dit soos koek.

Bedien dit met botter en gerasperde kaas.

Op die foto het dit stukkies sjokolade in.

No comments :

Post a Comment