Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/16/2015

Thaise hoenderslaai in fillo-mandjies

Bros fillo-mandjies word gevul met Thaise hoender, saamgegooi met ’n grondboontjiesous en noedels en afgerond met ’n vars en kleurvolle slaai.

Voorbereidingstyd: 30 minutes
Bedien: Die resep in genoeg om 12 mandjies mee te vul.

Fillo-mandjies:
6 velle fillodeeg
125 mℓ gesmelte botter of olie, of ½ van elk
Hoenderspeserye
10 mℓ fyngemaalde koljander
5 mℓ sout
2,5 mℓ knoffel-en-kruie geurmiddel
2,5 mℓ fyngemaalde komyn
2,5 mℓ fyngemaalde suurlemoengras
1 mℓ fyngemaalde gemmer
2,5 mℓ gemaalde swartpeper
1 mℓ rooipeper of rissiepoeier

Sous:
60 mℓ olyfolie of sonneblomolie, of 30 mℓ van elk
60 mℓ witasyn of witwynasyn
30 mℓ suurlemoensap
5 mℓ sout
Knypie witpeper
5 mℓ mosterd
10 mℓ heuning of bruinsuiker
10 mℓ sojasous
60 mℓ grondboontjiebotter
1 fyngedrukte knoffelhuisie

Noedels:
500 mℓ water
5 mℓ sout
5 mℓ olie
60 mℓ noedels of vermicelli

Hoender:
500 g hoenderborsies
30 mℓ olie

Slaai:
Verskeie soorte kropslaai
Pynappel, in repies gesny
Fyngekapte jong kool
Rooi en groen soetrissie in repies gesny
Fyn repies of krulle seldery, plaas die gesnyde seldery in yswater om te krul
Skaafsels gekrulde wortel, plaas die wortel in yswater om te krul
Boontjiespruite
Nog iets groen, soos vars koljander, versnipperde stingeluie, grasuie of vars pietersielie
125 mℓ gekapte kasjoeneute of grondboontjies

Om die fillo-mandjies te maak met vier lae, vou en sny die 6 velle fillodeeg gelyktydig in die breedte in derdes en dan weer in die lengte in derdes. Jy eindig dus met 54 stukke. Jy eindig met 6 ekstra wat jy kan hou.

Verhit die oond tot 180°C.

Verf 12 jumbo muffin-panne met die gesmelte botter.

Verf een stuk fillo op ’n slag met die botter en maak stapels van 4 stukke op mekaar. Draai die blokke sodat die hoeke uitsteek langs die kante van die vel onder hulle. Druk dan die hopies in die muffin-panne.
Bak vir 5 minute tot strooikleurig. Hou jou oog daarop, want dit kan gou verbruin. As dit te lank bak is die delikate smaak daarmee heen.

Meng die bestanddele vir die sous alles saam in ’n groot fles. Hou eenkant.

Kook die water vir die noedels en kook volgens die aanwysings op die verpakking. Spoel af onder koue water en dreineer. Meng ’n klein bietjie olie daardeur.

Gebruik ’n vleishamer om die hoenderborsies plat te slaan – tot so 1 cm dik.
Verhit die olie en braai die hoender tot gaar.
Laat dit effens afkoel en sny dit dan in repe.
Meng die hoender met de noedels en genoeg van die sous om alles te benat.

Skeur die kropslaai in stukkies en voer die mandjies daarmee uit.
Verdeel die hoendermengsel tussen die mandjies.
Meng die res van die slaaibestanddele en rangskik dit bo-op die hoender.
Gooi nog ’n bietjie sous oor elke slaai.

As dit by kamertemperatuur bedien word smaak dit op die beste, maar dit kan ook in die yskas geplaas word en koud bedien word.



Wenke:

1. Vervang die hoender met vis, vark of beesvleis.
2. Berei alles vooraf en slaan dit aanmekaar net voor jy dit bedien.
3. Die mandjies kan tot ’n maand in ’n lugdigte houer in die yskas gehou word.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com Die afleweringskoste is slegs R50.

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows). Die koste van die CD beloop R300 (afleweringskoste ingesluit.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment