Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/04/2015

Blomkool met aftreksel

Sny die blomkool se buiteblare weg en die stingel kortaf.
Was dit dan goed af en sit dit dan onderstebo in koue water terwyl jy ’n kastrol kookwater met ’n bietjie sout tot kookpunt bring, asook ’n kastrol met aftreksel. Jy kan ook ’n bietjie asyn by die koue water gooi.

Wanneer die water kook sit jy die blomkool in. Laat kook tot amper sag.
Haal dit dan versigtig uit en plaas in die kastrol met aftreksel. Kook dit vir ten minste ’n paar minute.

Wanneer dit sag is haal jy dit versigtig uit.
Dreineer en bedien met botter en ’n knippie neutmuskaat of witsous.

No comments :

Post a Comment