Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/03/2015

Tannie Poppie Kook

“Die Chuck Norris van Suid-Afrikaanse kos” en “almal se ouma” is maar van die talle maniere waarop Tannie Poppie bekend is aan haar duisende aanhangers. Dié gewildste van al die TV-Kokkedore het nou haar eie kookboek.

Tannie Poppie kook is nie net nog ’n kookboek nie, dis ’n ode aan alle smulpape en lekkerbekke – die mense wat weet dat lekker kos nie net ’n toevallige gebeurtenis is nie. In hierdie pragstuk deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma al haar gunsteling versamelresepte met ons.

Die klem is op lékker kos. Die boek bied heerlike resep-idees vir liplekker hoender, brode, smaaklike poedings, lekkernye vir die teetafel en nog vele meer. Dit spog deurgaans met volkleurfoto’s van die geregte en lesers sal hul lippe aflek.

Hierdie is staatmakerresepte wat jy keer op keer sal gebruik, ideaal vir beginners in die kombuis sowel as ervare kokke.



Tannie Poppie Kook / deur Poppie Coetzer -- Human & Rousseau, 10 Oktober 2014. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798166416

No comments :

Post a Comment