Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/06/2015

Hoender, sampioen en knoffel pasta

600 g skoongemaakte hoenderborsies, been en vel verwyder
150 g tamaties, ontpit en fyngekap
500 g pasta, strikkies pas by die gereg
200 g knoffelhuisies, fyngekap
90 mℓ olyfolie
750 g sampioene, in skywe gesny
125 mℓ gekapte stingeluie
5 mℓ fyngekapte rissie, vooraf ontpit
500 mℓ hoenderaftreksel
120 g vars gekapte koljander

Rooster die hoenderborsies onder ’n oondrooster of op die braai tot dit nie meer rou in die middel is nie. Dit neem gewoonlik so 6 tot 8 minute.
Laat die hoender afkoel, sny dit in blokkies en hou in die yskas tot jy dit nodig kry.

Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en hou eenkant.

Verhit die olyfolie in ’n diep pan oor medium hitte. Roerbraai die knoffel in die olie tot dit begin verbruin.
Voeg die tamaties, uie, sampioene en rissie by. Roerbraai vir 2 minute.
Voeg die aftreksel by en prut die mengsel tot dit ’n bietjie afgekook het.

Voeg die hoender, pasta en helfte van die koljander by en prut tot alles deurwarm is.

Garneer met die res van die koljander en bedien.


(foto Tony Alter)

No comments :

Post a Comment