45 mℓ koekmeel
Sout en varsgemaalde swartpeper
6 hoenderborsies, vel en been verwyder
30 mℓ olyfolie
30 mℓ botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
250 g kersietamaties
6 artisjokharte
2 rooi soetrissies, ontpit en in repe gesny
30 mℓ vars oreganum
Meng die meel met sout en peper.
Doop die hoenderborsies in die meel en hou dit eenkant.
Verhit die olyfolie en botter in ’n pan en braai die ui en knoffel daarin vir 2 minute.
Verwyder die ui en knoffel en hou eenkant.
Braai die hoender in dieselfde pan oor medium hitte tot bruin aan alle kante.
Voeg die tamaties, soetrissie, artisjokke en oreganum by.
Geur met sout en peper, bedek en kook tot die hoender sag is – omtrent 10 minute.
Bedien die gereg warm.
(foto Nina Nelson)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment