Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/04/2015

Fillo-hamburgers

Voorbereidingstyd: 30 minute
Baktyd: sowat 5 minute vir bak en 10 minute vir braai
Bedien: 6 persone

Fillo:
4 velle fillodeeg
60 mℓ gesmelte botter

Hamburgerfrikkadelle:
500 g maer beesmaalvleis
60 mℓ volgraan meel of droë broodkrummels
45 mℓ melk
5 mℓ sout
2,5 mℓ braai-speserye of enige gunsteling speserye vir vleis
2,5 mℓ paprika
5 mℓ mosterdpoeier
2,5 mℓ gemengde droë kruie
5 mℓ bakpoeier
1 eier
10 mℓ tamatiesous
10 mℓ warm of matige vrugteblatjang
125 mℓ ui, fyngekap
10 mℓ gekapte vars pietersielie

Slaai van jou eie keuse, byvoorbeeld blaarslaai, gesnyde tamatie, beet en uie-ringe, gunsteling slaaisous en / of tamatiesous.

Verhit die oond tot 180°C en smeer 'n bakplaat met botter.

Plaas die 4 velle fillodeeg bo-op mekaar op die werkoppervlak met die kort sy na jou toe. Vou die kante 1/3 na binne en druk liggies op die voue. Vou weer oop en sny langs die voue.
Sny die lang repe elk in 4, wat los met 48 blokkies.
Plaas 12 blokkies op die bakplaat en verf dit liggies met gesmelte botter. Plaas nog ’n blokkie op elkeen en verf weer. Hou so aan tot jy 12 stapels van 4 velle elk het.
Bak die stapels in die oond vir 4 tot 5 minute of tot dit strooikleurig en bros is.

Om die burgers te maak plaas jy al die bestanddele in ’n mengbak en meng goed.
Verdeel die mengsel dan in 6 en vorm dan elkeen met meelbestrooide hande in ronde burgers; ongeveer 2 cm dik en 8 cm in deursnee.
Verhit net genoeg olie om die oppervlak van jou pan te bedek en braai die burgers bruin en gaar; ongeveer 5 minute aan albei kante.
Om te bedien plaas jy ’n stapel fillo op die bord, plaas ’n burger bo-op en rangskik ’n slaai op die burger. Plaas dan nog ’n stapel fillo op die slaai en bedien.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com Die afleweringskoste is slegs R50.

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows). Die koste van die CD beloop R300 (afleweringskoste ingesluit.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment