Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/18/2015

Fillo-pizza

Fillodeeg is ’n uitstekende basis vir pizza.
Gebruik sowat 500 mℓ se bestanddele vir 1 van die onderstaande fillo basisse.

Voorbereidingstyd: 30 minute
Baktyd: sowat 15 minute vir bak
Bedien: 6 persone

Fillo:
6 velle fillodeeg
125 mℓ gesmelte botter

Pizza (die volgende is net voorstelle, gebruik gerus jou eie kombinasies):
Vir pizza met ’n tamatiebasis gebruik jy 250 mℓ tamatie.
Jou kaas sal of mozzarella, cheddar of Edam wees, of ’n kombinasie van hulle. Gebruik 250 mℓ gerasperde kaas. ’n Basiese pizza bestaan net uit tamatie en kaas.

Hoender-pizza: Repe gaar hoenderborsies, uieringe en gekapte sampioene en pynappel.

Tuna-pizza: Geblikte tuna gedreineer met gekapte soetrissie en sampioene.

Ham en pynappel-pizza: Stukkies ham met gekapte soetrissie en pynappel.

Voorverhit die oond tot 160°C.

Plaas die velle deeg op mekaar en sny ’n pizza-vorm uit.
Plaas die eerste vel op ’n gesmeerde bakplaat en verf die vel met gesmelte botter. Plaas die volgende vel bo-op en verf met die botter. Gaan so voort tot al die velle gebruik is.
Bak in die oond vir 6 minute tot goudbruin.

Smeer die tamatie oor die pizza en volg dit op met jou bestanddele en laastens die kaas.
Bak vir ’n verdere 8 minute.



Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com Die afleweringskoste is slegs R50.

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows). Die koste van die CD beloop R300 (afleweringskoste ingesluit.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment