Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/19/2015

Verte-sous (Groen mayonnaise)

500 mℓ mayonnaise
’n hand vol bronkors (watercress)
’n hand vol pietersielie
’n hand vol kerwel (chervil)
Kookwater
Sout
5 mℓ fyngekapte bronkors
5 mℓ fyngekapte kerwel
10 mℓ fyngekapte pietersielie
15 mℓ fyngekapte dragon
Suurlemoensap
Varsgemaalde swartpeper

Plaas die hande vol kruie in ’n souspan met ’n knypie sout en ’n bietjie kookwater. Laat dit kook vir 7 minute.

Dreineer die kruie en maak dit so droog as moontlik. Maak dit fyn in ’n vysel en vryf dan deur ’n sif. Voeg dit dan by die mayonnaise.
Meng al die bestanddele goed saam. Die suurlemoensap, sout en peper voeg jy byna smaak.

Bedien die sous koud saam met seekos.



(foto Henning Lind)

No comments :

Post a Comment