Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/28/2015

Paprika-ghoelasj

700 g dikribskyf, in groot vierkante gesny
30 mℓ olie
250 g uie, fyngekap
15 mℓ paprika
20 mℓ meel
10 mℓ tamatiepasta
600 mℓ aftreksel 1 bouquet garni
1 fyngedrukte knoffelhuisie
Sout en peper na smaak
1 soetrissie, geblansjeer en fyngekap
2 tamaties, geskil, ontpit en in repe gesny
60 mℓ suurroom

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die vleis vinnig bruin aan alle kante.
Haal die vleis uit en hou eenkant.
Verlaag die hitte en braai die uie in die kastrol vir 4 minute.
Voeg die paprika by en braai nog 1 minuut voor jy die meel, tamatiepasta en aftreksel bygooi.
Roer die mengsel tot dit kook en plaas dan die vleis terug in die kastrol saam met die bouquet garni, knoffel en sout en peper. Maak die pot dig toe en plaas dit in ’n 160°C-oond vir 2 uur lank, of tot die vleis sag is.

Verwyder die kastrol uit die oond en voeg die soetrissie en tamatie by. Bring stadig tot kookpunt.
Verwyder nou die kastrol van die hitte, gooi die suurroom oor en roer dit versigtig deur.
Bedien dadelik saam met aartappels of pasta.

No comments :

Post a Comment