Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/18/2015

Bier-en-tamatie risotto

Dit raak tans koeler en mens se gedagtes begin dryf in die rigting van risotto. Hier is ’n resep vir risotto vir 4 persone:

1 ui, fyngekap
’n klein bossie stingeluie, fyngekap
45 mℓ olyfolie
1 knoffelhuisie, fyngedruk
375 mℓ Arborio rys
250 mℓ bier
1 blikkie fyngekapte tamaties
Sout en peper
750 mℓ aftreksel
45 mℓ vars gekapte pietersielie – gebruik ekstra pietersielie vir die garnering
‘n klont botter

Braai die uie oor lae hitte tot sag en roer dan die knoffel en rys by.
Gooi die bier by en stel die hitte hoër. Roer aanhoudend tot die bier geabsorbeer is.
Roer die tamatie by en geur met sout en peper.
Gooi nou die aftreksel by, ’n bietjie op ’n slag. Roer aanhoudend tot dit opgelos is en gooi dan weer ’n bietjie by. Hou so aan tot al die aftreksel geabsorbeer is.
Verwyder die risotto van die hitte en roer die pietersielie en botter by. Laat dit toe staan vir 5 minute voor jy dit garneer met pietersielie en bedien.

No comments :

Post a Comment