Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/17/2015

Konynfricassée / Hare fricassée

Genoeg konynvleis vir 5 persone
Genoeg consommé om die vleis te bedek
2 uie, fyngekap
1 bouquet garni
55 g knopiesampioene
15 g botter

Sous:
40 g botter
45 mℓ meel
140 mℓ volroommelk

Die vleis moet vooraf geweek word in soutwater. Week dit ten minste drie keer. Gooi elke keer die water weg en vervang met vars soutwater.

Blansjeer die vleis deur dit met koue water te bedek en dan tot kookpunt te bring.
Dreineer die vleis en spoel dit af onder lopende koue water.
Sny enige los velletjies af met ’n skêr.

Plaas die vleis in ’n vlak kastrol en en gooi net genoeg consommé by om die vleis net-net te bedek.



Blansjeer die uie deur dit met koue water te bedek en dan tot kookpunt te bring.
Dreineer die uie en plaas dit bo-op die vleis.
Voeg die bouquet garni by, maak die kastrol toe en laat prut tot baie sag. Dit kan tot 2 uur lank prut.
Gooi die vloeistof deur ’n sif, Behou 420 mℓ daarvan.

Maak ’n sous deur die botter en meel in ’n klein kastrol te roer. Kook dit vir 30 sekondes en gooi dan die behoue aftreksel by. Bly roer tot dit begin kook. Stel die hitte dan op laag en laat die sous stadig afkook tot dit die bestandheid van ’n dik room het. Voeg die melk dan by en kook verder vir ’n paar minute.

Soteer die sampioene in botter in ’n aparte pan.
Voeg dan die sampioene by die sous en gooi dan die sous oor die vleis.
Laat die gereg vir 5 minute in die oond voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment