Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/01/2015

Leserskring spogresepte

Dié spesiaal uitgesoekte spogresepte van Leserskring se bobaaskokke sal ‘n onmisbare plek op enige kombuisrak verower.

Met meer as 100 resepte – alles van brood en sop tot interessante voorgeregte, watertand hoofgeregte en nagereg vir die soettand – is hier iets vir elkeen.

Toe Leserskring ‘n ruk gelede hul toptien-tuiskokke se resepte gebundel het, was daar onder die inskrywings net te veel juweeltjies wat nie verlore kon gaan nie. Sommige ou bekendes met ‘n nuwe inslag, maar baie is kraakvars nuwe resepte. Vandaar hierdie pragbundel met volkleurfoto’s waarin kosliefhebbers hulself sal verloor.

Die wye veskeidenheid resepte sluit onder meer in:

-Paella
-Beetpotjie vir broederskap
-Somersop met spanspek
-Heuningwafelkoek
-Oreo® -Kaaskoekkolwyntjies

Leserskring spogresepte / deur Christelle Erasmus -- Human & Rousseau, 15 Desember 2014. -- 240 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798166355

No comments :

Post a Comment