Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/02/2015

Vla-en-aarbei fillo-pastei

Sappige aarbeie gerangskik op ’n laag ryk vanielje vla in ’n diep fillo-kors.

Voorbereidingstyd: 45 minute
Baktyd: sowat 6 minute vir bak en 10 minute in die mikrogolfoond
Bedien: 6 persone

Maak die kors vooraf sodat dit gereed is om gevul te word. Maak ook seker die vla het afgekoel voor jy die aarbeie daarop plaas.

Fillo-kors:
6 velle fillodeeg
75 mℓ gesmelte botter

Vla:
750 mℓ melk
15 mℓ botter
60 mℓ meel
60 mℓ mielieblom
10 mℓ vlapoeier
125 mℓ suiker
knypie sout
3 eiergele
5 mℓ vanieljegeursel
60 mℓ addisionele melk
3 eierwitte

Aarbei-bolaag:
± 400 g vars aarbeie, gehalveer
250 mℓ rooi vrugtesap
30 mℓ mielieblom

Verhit die oond tot 180 °C.

Verf ’n 24 cm losboompan of diep tertbord met botter. Plaas 3 velle deeg op die werkoppervlak, verf met botter en bedek met die volgende 3 velle, presies gelê op die eerste velle om 'n perfekte dubbellaag te maak. Verf een dubbellaag met botter en plaas die volgende twee dubbellae stervormige bo-op, verf met botter tussen die lae.
Plaas die lae versigtig in die gesmeerde pan. Bak dit ongeveer 6 minute. Kyk voortdurend totdat dit 'n goudkleurig is. Laat dit ’n paar minute lank afkoel, lig uit en plaas op 'n opdienbord - gereed vir die vulsel.
Gooi die 750 mℓ melk in 'n groot beker of bak wat geskik is vir gebruik in ’n mikrogolfoond. Voeg die botter by en mikrogolf 4 minute op hoog. Dit moet baie warm word sonder om oor te kook.
Meng die droë bestanddele, eiergele en vanielje met die ekstra melk en roer dit by die warm melk. Mikrogolf op hoog vir 3 minute, klits goed met 'n draadklitser en mikrogolf 1 minuut op ’n slag. Klop dit tussendeur tot dit borrelend, glad en dik is.
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm (nie te styf en droog) en vou in die verdikte mengsel totdat dit eweredig gemeng is. Mikrogolf 2 minute, klop liggies en gooi in die gebakte fillo. Laat afkoel.
Rangskik die aarbeie op die vla. Meng die mielieblom en rooi sap in 'n beker en mikrogolf op hoog vir 2 minute. Klits goed en mikrogolf tot verdik en deursigtig. Laat dit afkoel vir ’n paar minute en skep oor die aarbeie.
Verkoel die pastei ten minste een uur voor dit bedien word.



Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com Die afleweringskoste is slegs R50.

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows). Die koste van die CD beloop R300 (afleweringskoste ingesluit.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment