Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes


4/28/2015

Mascarpone-room

Mascarpone-room is veral lekker saam met boudoir beskuitjies. Dit kan as nagereg of as ’n peuselhappie bedien word.

2 eiers, wit en geel geskei
1 eiergeel
150 g strooisuiker
200 g Mascarpone
15 mℓ brandewyn

Klop die 2 eierwitte styf, maar nie droog.

Klop die 3 eiergele saam met die suiker.
Voeg die Mascarpone by en meng goed.
Roer die brandewyn by en vou dan die eierwit by die mengsel.



Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments :

Post a comment