Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/15/2015

'n Rede om Simply Asia te besoek

Ter viering van 2015 se Thaise Nuwejaar (Songkran) het Simply Asia met The Lunchbox Fund saamgespan om Suid-Afrika se arm kinders te voed.

Tot en met 13 Mei kan jy jou gunsteling noedels by Simply Asia bestel en ’n tweede porsie (die goedkoper een) pasella kry. Wegneemetes kwalifiseer vir 25% afslag op die goedkoper porsie. Boonop sal Simply Asia R2.50 aan The Lunchbox Fund skenk vir elke porsie noedels wat hulle in die tyd verkoop. R2.50 is die onkoste vir die fonds om vir ’n kind ’n warm bord kos op ’n skooldag te gee. Dit kos R500 per kind vir die hele skooljaar.

Die skole waar The Lunchbox Fund kos voorsien word verplig om die groente wat in die kos gebruik word by die plaaslike gemeenskap te kry.

No comments :

Post a Comment