Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/18/2015

Witwortel patties

Jy kan hierdie witwortel koekies gebruik as deel van ’n vegetariese burger of as ’n groente.

450 g witwortels, geskil en in stukke gesny
60 mℓ botter
60 mℓ fyngekapte ui
60 ℓ meel
75 mℓ melk
10 mℓ fyngekapte grasuie
Sout en peper
175 mℓ vars broodkrummels
30 mℓ olie

Kook die witwortels in water tot dit sag genoeg is om met ’n vurk stukkend te druk. Dit sal ongeveer 10 minute neem. Dreineer en druk dan fyn in ’n mengbak.

Smelt 30 mℓ van die botter in ’n pan en roerbraai dan die uie daarin tot deurskynend.
Roer die meel by met ’n ballonklitser en kook dan vir ’n sekonde of twee.
Roer die melk by met die ballonklitser en verhit tot die sous begin verdik.
Gooi nou dié mengsel by die witwortels en geur met sout en peper.

Maak plat koekies (patties) met die mengsel. Doop elke koekie in die broodkrummels aan bede kante. Plaas die koekies op waspapier en laat in die yskas vir ten minste 2 uur.

Verhit die orige botter in ’n pan saam met ’n gelyke hoeveelheid olie.
Braai die patties hierin; omtrent 5 minute aan ’n kant.

No comments :

Post a Comment