Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/26/2015

Italiaanse aartappel-polenta

1 kg aartappels, geskil
100 g gerookte pancetta, in blokkies gesny
100 g varkvet, in blokkies gesny
1 ui, fyngekap
100 mℓ olie
30 mℓ broodmeel
100 g salami, in dun repe gesny
Sout
Varsgemaalde swartpeper

Kook die aartappels en druk dit fyn terwyl dit nog warm is.

Braai die pancetta, varkvet en ui saam tot die ui begin verbruin.
Roer die meel by met ’n houtlepel en meng goed.
Voeg die mengsel by die aartappel in ’n diep pan saam met die salami.
Geur met sout en peper.
Kook die mengsel oor hoe hitte terwyl jy aanhoudend roer. Dit is reg wanneer die aartappel mooi skoon wegtrek van die kante van die pan of pot.

Bedien dit saam met ingelegde groente en ’n groenslaai of ’n komkommerslaai.

Indien daar oorbly kan jy dit later verhit daardeur bruin te braai in ’n pan of onder die oondrooster te verbruin.

No comments :

Post a Comment