Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/23/2015

Fillo-sigare met sjokolade, dadels en neute

Voorbereidingstyd: 30 minute
Kooktyd: 15 minute plus
Bedien: 12 persone

Maak die vulsel vooraf en hou in die yskas. Dit sal dit makliker maak om te hanteer.

Fillo:
12 velle fillodeeg
125 mℓ gesmelte botter

Vulsel:
30 mℓ botter
100 g donker sjokolade
250 mℓ grof gekapte amandels of okkerneute
125 mℓ gekapte dadels
75 mℓ versiersuiker
10 mℓ rooswater of vanillageursel
2,5 mℓ fyngemaalde kaneel

Plaas die 30 mℓ botter en die sjokolade in ’n hittebestande glasbak en mikrogolf op medium-laag vir 2 minute tot sag.
Voeg die res van die bestanddele vir die vulsel by en meng tot dit ’n dik pasta vorm.
Laat dit afkoel voor gebruik. Dit moet ferm genoeg wees om sigare mee te rol.

Smeer ’n oondplaat met gesmelte botter.

Verf die helfte van ’n vel fillodeeg met gesmelte botter. Vou dit in die helfte en verf die helfte van die gevoude vel met botter. Vou nou weer en verf met gesmelte botter. Doen dit met elke vel.

Verdeel die vulsel in 12 porsies. Rol elke porsie in die vorm van ’n sigaar van so 5 tot 6 cm lank. Plaas elke sigaar in die middel van elke gevoude vel fillodeeg. Vou die deeg se hoeke na mekaar toe om die vulsel toe te maak. Rol dit dan netjies toe – nie te styf nie, want die vulsel sit uit tydens die bakproses.
Plaas die sigare op ’n gesmeerde bakplaat, verf met gesmelte botter en bak vir 15 minute by 180°C tot strooikleurig.

Bedien die sigare warm of by kamertemperatuur. Jy kan dit ook in ’n lugdigte houer bewaar vir latere gebruik.



Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com Die afleweringskoste is slegs R50.

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows). Die koste van die CD beloop R300 (afleweringskoste ingesluit.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment