Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/12/2015

Vis op tamatie, soetrissie en fyngemaakte patats

Bedien: 4 persone
Voorbereidingstyd: 20 minute
Kooktyd: 25 minute

Ontpit twee soetrissies ’n sny dit in repe. Rangskik dit, skil na bo, in ’n oondpan saam met 4 tamaties wat jy halveer het – die gesnyde kant na bo. Drup olyfolie oor en geur met sout. Plaas dit in ’n 180°C-oond vir 20 minute.

Jy kan 3 soetpatats skil en in water sag kook, maar ek verkies daarom sommer in die mikrogolf te maak. Jy hoef dit dan nie te skil nie. Plaas dit in ’n winkelsak en mikrogolf op hoog tot sag. Skil dit dan en druk fyn met ’n knoets botter en ’n bietjie sout. Die fyn patats moet eerder te styf as te pap wees.

Jy het ’n totaal van 800 g vis nodig – ek gebruik stokvis, koningklipvis of engelvis vir die resep. Braai dit in olyfolie tot gaar.

Jy bedien nou die spulletjie in diep bakkies. Skep die patats onder in, dan die groente en plaas die vis bo-op. Smeer ’n teelepel pesto oor die vis.

Eet met ’n vurk! Lekker!

No comments :

Post a Comment