Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes


7/03/2015

Tamatie met feta, olywe en ansjovis

Berei ’n basiese tamatieslaai voor, maar moet nog nie die olyfolie oorgooi nie.

Week 8 ansjovisfilette in 30 mℓ rooiwynasyn vir 30 minute.

Sny 60g feta in piepklein blokkies en strooi dit oor die tamaties.

Ontpit ’n ¼ koppie ontpitte swart olywe en strooi dit oor die slaai.
Dreineer die ansjovis, sny in die helfte en rangskik op die slaai.
Strooi 5 mℓ fyngekapte vars oreganum oor.
Drup nou die olyfolie oor en geur met sout en peper.

Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.

No comments :

Post a comment