Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/28/2015

Boorde vol bloeisels

De Krans Wynkelder in Calitzdorp bied op Saterdag 29 Augustus 2015 die tweede Boorde vol bloeisels in Calitzdorp aan. Hierdie tyd van die jaar is die vrugtebome (appelkose, perskes en pruime) van De Krans en Calitzdorp vol in die blom, wat dit ‘n ongelooflike prentjie maak om te aanskou. Hierdie lentebloeisels kondig elke jaar die begin van ‘n nuwe jaar aan vir die vrugte- en wingerdbedryf in Calitzdorp.

Vanjaar kry besoekers weer die geleentheid om self hierdie skouspel te beleef. Om hierdie dag baie spesiaal te maak het De Krans vele verrassings vir elke besoeker:

· Skop vanjaar om 09:00 af met ‘n unieke wedloop wat kronkel deur die wingerde en boorde vol bloeisels. Kies tussen ‘n afstand van 5 of 10km. Hierdie is ‘n lekker uitdaging om te kyk hoe vining jy dit kan draf of kom stap en geniet die mooi omgewing. Inskrywings is noodsaaklik.

· Kry heeldag die geleentheid om tussen die vrugtebome van De Krans te loop om hierdie pragtige lentebloeisels van naby te sien en te fotografeer. Groot wynpryse is op die spel vir die mooiste fotos wat op hierdie dag geneem word.

· Kom plant jou eie Wit Muskadel wingerdstokkies by De Krans en neem dit aan teen R10 per stokkie. Alle fondse wat hierdeur verkry word, sal geskenk word aan Die Heuwel Speelskool in Calitzdorp. Jy kan self besluit hoeveel wingerdstokkies jy daardie dag wil plant. Tydens Lentebloeiseldag van 2016 kry jy die geleentheid om jou aangenome wingerdstokkies te kom snoei en in 2017 kan jy die eerste Lentebloeisel-wyn proe wat gemaak is van al hierdie aangenome wingerdstokkies. (Vooraf bespreking vir hierdie wingerd-plant geleentheid is noodsaaklik).

· Tydens hierdie lentebloeiseldag kry jy die geleentheid om jou aangenome wingerdstokkies wat in 2014 aangeplant is, te kom snoei. Die kampioensnoeiers van De Krans sal teenwoordig wees om jou touwys te maak.

· De Krans bied ook ‘n markdag aan op hierdie dag waar ons fokus sal wees op nuwe lewe in die lente. Inheemse plante en bome, kruie, tuisgemaakte produkte en varsgebakte brode van Calitzdorp sal te koop wees by hierdie baie unieke mark, slegs op Saterdag 29 Augustus.

· Die Vriende van Vygieshof Tehuis vir Bejaardes sal sorg vir heerlike braaivleisetes by De Krans. Besprekings vir hierdie etes moet vooraf gedoen word om teleurstelling te voorkom. Alle winste wat gegenereer word, word geskenk aan hierdie instansie.

· De Krans se volle reeks wyne, ook die heerlike nuwe 2015 witwyne soos Chenin Blanc en Sauvignon Blanc, sal heeldag te proe wees.

· Besoekers sal ook die kans kry om van die interessante skemerkelkies (cocktails) berei deur wynmaker Louis van der Riet te geniet.

Kom geniet hierdie spesiale en opwindende dag met u gesin by De Krans in Calitzdorp (slegs 30 minute vanaf Oudtshoorn) op 29 Augustus 2015. Kontak gerus vir Bessie Swanepoel by tel 044 – 2133314/64, of stuur ‘n epos na dekrans@mweb.co.za vir meer inligting oor die dag en om jou besprekings te doen vir die wedloop, etes asook die stokkies wat jy wil aanplant.

No comments :

Post a Comment