30 mℓ grondboontjieolie
8 stukke hoender - verkieslik dye, skoongemaak en vel verwyder
10 knoffelhuisies, fyngekap
60 mℓ witasyn
50 mℓ sojasous
30 mℓ heuning
1 mℓ fyngemaalde gemmer
5 mℓ fyngekapte rissie
Meng die asyn, sojasous, heuning en gemmer en hou eenkant.
Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender vir 10 minute.
Gooi die knoffel en rissie by en braai vir nog 3 minute.
Gooi die sous by, draai die hitte af tot laag en sit deksel op. Laat dit prut vir 15 minute.
Bedien saam met noedels en groente.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment