Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/27/2015

Wortels met witsous

As jy jong worteltjies het, hou dit sommer heel, maar ou wortels moet liefs in kwarte in die lengte gesny word. Vir die resep gebruik mens 500 g wortels. Die res van die bestanddele is:

2,5 mℓ sout
2,5 mℓ suiker
15 g botter
Fyngekapte kruisement

Bedek die wortels met koue water, gooi die res van die bestanddele by en kook die wortels in ’n bedekte kastrol tot sag.
Dan haal jy die deksel af en kook verder tot al die water verdamp het.
Strooi die kruisement oor. Nou is die wortels gereed vir die sous.

Jy volg die stap by hierdie skakel vir witsous: witsous

Bedek jou gereg met botterpapier of aluminiumfoelie om warm te bly. Hou dit oor as jy die gereg weer verhit. Tensy dit in die mikrogolf verhit word, dan moet die foelie verwyder word.

No comments :

Post a Comment