Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/30/2015

Bitter + Soet

Bitter+soet vertel die verhaal van Mietha Klaaste wat op die plaas Langverwacht, in die omgewing van Robertson grootgeword het, soos oorvertel deur Niël Stemmet.

Die verhaal vat ons terug na daar waar Mietha se ma, Sarah, Oumies en Oubaas se huis skoonmaak en haar pa die voorman op die plaas is. Oumies en Oubaas se oudste seun, Johan, trou met sy nooi Susan, kom woon op die plaas en kort voor lank maak klein Daniël sy verskyning. Mietha word uit die skool gehaal om na hom om te sien – en daarmee begin ’n hegte verbintenis wat oor jare heen sou strek.

Die lief en leed van Mietha en Daniël word op kleurryke wyse vertel, met gedigte, rympies en liedjies toegelig, terwyl vergange dae se lekker resepte deel daarvan uitmaak. Die verhaal gee ’n kykie terug, maar ook vorentoe waar die toekoms met hoop gevul is.

Met meer as 90 resepte wat wissel van vetkoek, braaiboud, hoenderpastei, snoektert en tamatiebredie tot melktert en sagopoeding is hierdie ’n boek vir lekkerlees, maar ook vir inspirasie en byderhand hou in die kombuis.

Bitter + Soet / deur Niël Stemmet -- Human & Rousseau, 22 Julie 2015. -- 336 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798169448

No comments :

Post a Comment