Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/28/2015

Poftertdeeg

Lees eers Die moets en moenies van tertdeeg.

340 g meel
340 g botter
Suurlemoensap
Koue water
Sout

Sif die meel en sout saam.
Gebruik nou ’n platmes en meng dit saam met die koue water en suurlemoensap tot ’n stywe deeg.
Haal die deeg uit die mengbak en slaan dit vir 15 minute op die tafel – dit moet begin lyk soos gomlastiek en moet klein blasies maak. As dit ’n koue dag is, kan jy die deeg knie in plaas van slaan.

Die botter moet sag genoeg wees sodat jy dit plat kan druk.

Rol die deeg uit in ’n langwerpige stuk wat 2 keer so groot soos die botter is. Plaas die botter op die boonste deel van die deeg en vou die onderste deel oor die botter. Verseël die deeg so goed as moontlik rondom – jy wil nie hê die botter moet maklik uitdruk nie. Rol dit nou uit soos skilferkorsdeeg.

Seel weer en herhaal die toevou- en uitrolproses 7 keer. Die deeg moet nooit te warm word nie.


No comments :

Post a Comment