Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/05/2015

Aarbeie in likeur

Hierdie is ’n klassieke manier om vrugte as nagereg te bedien. Moet nie aarbeie hardhandig was nie, van die geur sal verlore gaan. Dompel dit gewoon in koue water. Jy kan die geur versterk deur ’n teelepel suiker vooraf met die water te meng.

Plaas die aarbeie in ’n diep bak. Gooi jou gunsteling likeur oor en plaas dit in die yskas vir ’n uur of twee.


(foto Christian Schnettelker)

No comments :

Post a Comment