Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/28/2015

Die bittersoet hoendertjie

125 mℓ meel
5 mℓ sout
1 mℓ peper
’n hoender braaipak – een van so 1,8 kg
120 mℓ botter
Die skil van 1 lemoen
60 mℓ suurlemoensap
65 mℓ lemoenlikeur
35 mℓ heuning
15 mℓ sojasous

Meng die meel en sout en peper in ’n groot plastieksak.
Plaas die hoender daarin en skud die sak tot die hoender goed bedek is.

Plaas die helfte van die botter in ’n diep pan en laat dit smelt. Verwyder van die hitte en rol die hoender daarin tot dit aan alle kante bedek is met die botter.
Pak nou die hoender in die pan. Dit moet een laag vorm met die velkant na onder.
Bak die hoender in ’n 180°C-oond vir 30 minute.

Intussen smelt jy die res van die botter in ’n klein souspan.
Roer die skil, suurlemoensap, likeur, heuning en sojasous by die botter.

As die hoender uit die oond kom draai jy dit om en gooi jy die sous daaroor.
Plaas terug in die oond vir nog 30 minute. Jy moet dit af en toe bedruip met die sous in die pan.

Bedien die hoender saam met gekookte jong wortels, rys en ’n slaai met kropslaai en tamatie.

No comments :

Post a Comment