Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/29/2015

Avokado en ’n braaisous met byt

Hierdie resep gee bietjie lewe aan ’n saai avokado. Bedien dit saam met soutbeskuitjies, op roosterbrood of as deel van ’n slaai – enige tyd van die dag.

3 ryp avokado’s
Suurlemoensap – as jy dit nie onmiddellik gaan bedien nie
Grof gekapte kasjoeneute of gemengde neute

Braaisous:
2,5 mℓ aftreksel
125 mℓ water
60 mℓ tamatiesous
5 mℓ Worcestershire-sous
30 mℓ van jou gunsteling asyn
30 mℓ bruinsuiker
’n knippie rissiepoeier of rooipeper
’n paar druppels Tabaco of ’n soortgelyke sous
5 mℓ mieliemeel

Meng al die bestanddele vir die sous en mikrogolf dit op hoog vir 1 minuut.
Roer en mikrogolf vir nog ’n minuut – tot die sous begin borrel.
Alternatiewelik kan jy dit in ’n souspan tot kookpunt bring.

Halveer die avokado’s en skil dit versigtig af.
Gooi die sous oor die avokado’s en strooi die neute oor.
Jy kan ook die avokado in kleiner stukke sny indien dit deel van ’n slaai is.


Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows).

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment