Die Boer restaurant teater tesame met
die Pinotage Assosiasie van Suid Afrika ,
maak saam die volgende belofte: Vir slegs
R300 ALLES INGESLUIT gaan jy een van
die beter aande
in jou lewe
beleef!
Ter viering van Pinotage-wyn, as ’n eg Suid-Afrikaanse produk,
bied ABSA in samewerking met die Pinotage Assosiasie drie
onvergeetlike aande aan. Proe die Beste, soos hierdie heerlike eet,
proe en kuiergeleenthede bekend staan, word hierdie jaar by Die
Boer Restaurant-teater in Durbanville aangebied, op 6, 7, en 8 Oktober.
Bekende wynmakers soos, Beyers Truter (Beyerskloof), Etienne Louw (Altydgedacht), Abrie
Beeslaar (Kanonkop) en De Wet Viljoen (Neethlingshof) sal die Pinotage
Assosiasie verteenwoordig en oor hul wyne gesels.
Heleen Meyer, bekende koskenner, het
met gewilde Suid-Afrikaanse bestanddele, ’n spyskaart saamgestel wat elke wyn komplimenteer.
Sy gaan saam met die wynmakers oor goeie kos en wyn gesels.
En vir die geleentheid het ons spesiaal twee kunstenaars gekies wat bekend is dat hulle lief is
vir kuier saam met goeie kos en wyn. Musikant, digter en troebadoer Valiant Swart en skrywer,
reisiger en storieverteller Johan Bakkes sal saam met die wynmakers op die verhoog wees en
al die kos en wynpraatjies afwissel met musiek en stories soos net hulle kan.
Spyskaart:
Elkeen van die verskillende Pinotage en Cape Blend wyne gaan met ‘n gereg geproe word. Heleen Meyer gaan saam met die Boer se Chef Jean Louis Geldenhuys werk om 'n verskeidenheid topklas geregte vir hierdie geleentheid voor te berei. Die tema is Eg Suid-Afrikaans, soos Pinotage. Maak jouself gereed vir heerlike sosaties, soos Ouma dit gemaak het. Of wat van malvapoeding met ‘n verskil, wat jou mond laat water? Daar gaan nog bekende Suid-Afrikaanse geregte en tussengange wees én die nou reeds bekende sjokoladetruffels, wat altyd op ‘n Proe die beste-spyskaart is.
Al die onderstaande wyne gaan saam met bypassende kosse geproe en bespreek word:
Altydgedacht Perlé Pinotage Rosé 2015 (by aankoms voorgesit met ‘n peuselhappie)
Altydgedacht Tintoretto Cape Blend 2013
Altydgedacht Pinotage 2014
Kanonkop Pinotage 2013
Beeslaar Pinotage 2013
Neethlingshof Pinotage 2014
Neethlingshof Owl Post Pinotage 2013
Beyerskloof Faith Cape Blend 2011
Beyerskloof Pinotage Reserve 2013
6-8 Oktober 2015 om 19:00
Kaartjies R300 (vermaak, kos, wyn ingesluit)
Bespreek: 021 979 1911 / 083 406 0111
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment