Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/30/2015

Soetrissie-sous

4 soetrissies, ontpit en in baie dun skywe gesny
60 mℓ olie
1 knoffelhuisie
125 mℓ droë witwyn
2,5 mℓ sout
Varsgemaalde swartpeper
30 mℓ wynasyn
30 mℓ botter

Verhit die olie in ’n souspan en gooi die knoffel in sodra dit warm is.
Verwyder die knoffel sodra dit goudbruin is.
Gooi die soetrissies en wyn by en kook tot die groente sag is – roer aanhoudend.
Geur dan die sous met sout, peper en asyn.

Hou die sous warm tot jy dit gaan bedien. Roer die botter by net voor jy dit bedien.
Die sous is veral geskik vir rooivleis by ’n braai.



(foto: Julio Martínez)

No comments :

Post a Comment