Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/17/2015

Gebraaide vark lendeskyf

Marinade:
65 mℓ sojasous
40 mℓ rooiwyn
15 mℓ bruinsuiker
20 mℓ heuning
2,5 mℓ fyngemaalde kaneel
1 fyngekapte stingelui
1 knoffelhuisie, fyngedruk

700 g vark lendeskyf

Meng die bestanddele vir die marinade en gooi die oor die vark. Laat dit vir ten minste 1 uur in die yskas – verkieslik oornag.

Jy kan die lendeskyf braai oor die kole of dit op ’n draadrak oor ’n oondbak bak by 180°C vir 45 minute of tot dit nie meer pienk in die middel is nie. Drup gereeld van die marinade oor.

No comments :

Post a Comment