Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/12/2015

Geysde Antonella Tuscan Tiramisu

Bestanddele:

30 mℓ espresso
60 mℓ Antonella Tuscan Tiramisu

Gebruik ’n cocktail shaker, gevul met baie ys, en gooi eers die (afgekoelde) espresso in, gevolg deur die Antonella Tuscan Tiramisu.
Skud die menger tot dit ’n yslaag begin vorm aan die buitekant.
Syg die drankie deur in ’n martini glas en versier dit met koffiebone.

Antonella Tuscan Tiramisu is ’n unieke romerige likeur met ’n koffie neus en subtiele ondertone van karamel en vanielje.

Die inspirasie vir hierdie likeur was die gewilde koffie gegeurde Italiaanse nagereg, Tiramisu. In Italiaans is Tiramisu ’n optellertjie, en wat ’n perfekte beskrywing is dit nie vir hierdie romerige vreugde nie. Antonella Tuscan Tiramisu is die perfekte lekkerny wat jou sintuie oorweldig en jou meevoer na “La Dolce Vita”, die goeie die lewe.

As ’n basis en ook as versoeter is Antonella Tuscan Tiramisu perfek vir die moderne interpretasie van klassieke cocktails, oorspronklike skeppings en Italiaans geïnspireerde aptytwekkers.

Daar is oneindig baie maniere om Antonella Tuscan Tiramisu te gebruik - gemeng in 'n cocktail natuurlik, maar ook as ’n drankie oor ys, as 'n heerlike sous oor roomys, saam met koffie of as die hoofbestanddeel vir Don Pedro.
Kyk uit vir die lekker romerige Antonella Tuscan Tiramisu in 750 mℓ bottels in drankwinkels regoor Suid-Afrika teen R129.95.

Geniet dit verantwoordelik en onthou dit is nie te koop vir persone onder die ouderdom van 18 jaar nie.

No comments :

Post a Comment