Voorbereidingstyd: 20 minute
Bedien: 4 – 6 persone
Hierdie slaai sal, geseël in die yskas, vir ten minste 3 dae hou.
350 g wortels, geskil en gerasper
350 g beet, geskil en gerasper
2 stingeluie, versnipper
10 mℓ komynsaad, gerooster
10 mℓ olyfolie
15 mℓ rooiwynasyn
’n hand vol pietersielie, grof gekap
Opsioneel: blokkies feta
Meng die groente en strooi dan die res van die bestanddele oor.
Meng goed en laat vir ten minste 15 minute staan voor jy dit bedien.
Resep: Carolie de Koster
Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.
Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com
Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows).
Lees meer oor Art of Cooking
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
11/19/2015
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment