Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/08/2015

Kalkoen met granate

1 skoongemaakte kalkoen – een van sowat 2 kg
Jy het ook die kalkoen se lewer nodig. As dit nie saam met die kalkoen gekom het nie, koop sommer hoenderlewers. Kap die lewer fyn.
3 granate se sade – gebruik granaatsap as jy nie granate kan kry nie
100 g pancetta, baie dun gesny
100 mℓ olie
Sout en varsgemaalde swartpeper

Vryf die kalkoen met sout en peper en bedek dit met die pancetta. Veral oor die bors. Dit is sodat die vleis nie te droog moet braai nie.
Braai dit in ’n oondbak in ’n 180°C-oond vir 1½ uur. Draai dit gereeld om.
Halfpad deur die kookproses bedruip jy die kalkoen met die fyngedrukte sade van 2 granate.

Verhit die olie in ’n souspan en voeg die lewer, ’n klein bietjie sout en die fyngedrukte pitte van die derde granaat by. Gebruik 15 mℓ granaatsap as jy nie ’n granaat het nie. Kook dit stadig tot die sous begin verminder en verdik.

Wanneer die kalkoen gaar is verwyder jy die pancetta en sny die vleis in skywe.
Pak die skywe uit op ’n plat bord en gooi die sous oor en bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment