Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/10/2016

Slakke in knoffel en wyn / Snails in Garlic and Wine

Jy het sowat 800 g slakke nodig vir dié resep. Jy kan dit koop in blikkies of jou eie oes.

As jy dit koop moet jy sorg dat jy ten minste 12 het. As jy jou eie slakke wil oes kan jy op hierdie skakel klik.

Verder het jy die volgende nodig:
100 mℓ olie
5 knoffelhuisies, geskil
’n klein bossie pietersielie, grof gekap
200 mℓ droë witwyn
Sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas die slakke in ’n kastrol, bedek met koue water en bring tot kookpunt oor medium hitte. Prut dit vir 5 minute.

Dreineer die slakke in ’n vergiettes en sny die punt van die kop en swart deel van die stert af. Maak droog met papierhanddoek.

Plaas die olie en knoffel in (verkieslik) ’n erdepot saam met die pietersielie.
Sit die slakke bo-op die mengsel.
Skakel nou die plaat aan en laat dit baie stadig prut oor lae hitte vir 4 uur lank.
Hou die slakke klam met die wyn. As die wyn opraak kan jy ’n bietjie water gebruik.
Geur met sout en peper halfpad deur die kookproses.

No comments :

Post a Comment